• -R150.00
search

Hink Seisoen 2 (10 boeke)

R650.00
R500.00 Save R150.00

Afrikaanse volwasse fiksie

10x 100 bladsye sagteband

ISBN ***

Quantity

Sinopsis

Alexander Hinkel en die bekkige boksklub-eienares, Janke Lofstat, is terug vir 'n tweede seisoen van moorde oplos! Saam pak hulle tien nuwe, raaiselagtige moordondersoeke aan, met die hulp van Agrippa se polisiekaptein, Robert Flint. En hierdie keer moet Hinkel en Janke boonop hulle nuwe romantiese verhouding se ups and downs probeer juggle, sonder dat dit hulle werk beïnvloed…

Elke novelle in die Hinkel-reeks is 'n spannende murder mystery wat op sy eie gelees kan word, maar daar is tog temas wat deurloop, soos die verhouding tussen Hinkel en Janke, en die raaisels van hierdie twee hoofkarakters se verledes waarop die leser bietjie vir bietjie antwoorde kry.

Mans én vroue sal die Hinkel-reeks geniet, en dis stories wat, ten spyte van die donker onderwêreld van misdaad in Agrippa, jy met 'n geruste hart vir jou jonger lesers ook kan aangee. Dit is vol raaisels, humor, en Anna Emm kry dit reg om die stories skoon te hou van ontstellende onderwerpe en eksplesiete taal.

Titels ingesluit in Seisoen 2:

Moord in Benlopark
Die verlore vinger
Die lyk in die hysbak
Speel-speel moord
Uur van die dooies
Simson se hare
Moord is ’n kuns
Die dood kom weer
Skaakmat Hinkel
Bloederige einde