search

Die Sexy Bistro Omnibus - 3 boeke in een

R200.00

Afrikaanse volwasse fiksie

390 bladsye sagteband

ISBN 9781920702823

Quantity

Sinopsis

Die Sexy Bistro is drie unieke liefdesverhale wat jou hart beslis sal laat warmer klop! Maar dis meer as dit. Met hierdie spesiale storie wat begin by ’n begrafnis, vier Anna Emm die lewe. Sy wys vir ons uit hoe dun die lyn tussen lewe en dood is, dat die dood verskillende vorme kan aanneem, maar dat daar sekere dinge is wat onsterflik is.

Ná haar dood laat Erika Bunting haar drie vriendinne met ’n ongewone versoek: dat hulle die ding sal doen waaroor die vier van hulle jare lank net gedroom het. Hulle moet ’n restaurant oopmaak, en hulle moet dit Die Sexy Bistro noem. Maar vreemde dinge gebeur wanneer ’n mens eers begin om jou drome na te jaag…

Ontmoet vir Madi, Julia en Karlien - drie vriendinne met drie baie uiteenlopende persoonlikhede! Deur elkeen van hierdie meisies se storie om die beurt te vertel, gee Anna Emm vir die leser drie verskillende perspektiewe op die uitdagings wat kom saam met die nuwe restaurant, die verwerking van die verlies van ’n vriendin, maar veral: die soeke na en die uiteindelike vind van onvoorwaardelike liefde! Want in Die Sexy Bistro gaan kos, die lewe en die liefde hand aan hand.

9781920702823