search

PREORDER - Hink Seisoen 3 (10 boeke)

R650.00

(PREORDER) Beskikbaar Oktober 2021

Afrikaanse volwasse fiksie

10x 100 bladsye sagteband

ISBN ***

Quantity

Sinopsis

Alexander Hinkel en Janke Lofstat is terug vir nog 'n seisoen! Met die hulp van Agrippa se polisiekaptein, Robert Flint, pak hulle weer 10 raaiselagtige moordondersoeke aan. Daar is ook 'n paar nuwe karakters op die toneel...

Elke novelle in die Hinkel-reeks is 'n spannende murder mystery wat op sy eie gelees kan word, maar daar is tog temas wat deurloop, soos die verhouding tussen Hinkel en Janke, en die raaisels van hierdie twee hoofkarakters se verledes waarop die leser bietjie vir bietjie antwoorde kry.

Mans én vroue sal die Hinkel-reeks geniet, en dis stories wat, ten spyte van die donker onderwêreld van misdaad in Agrippa, jy met 'n geruste hart vir jou jonger lesers ook kan aangee. Dit is vol raaisels, humor, en Anna Emm kry dit reg om die stories skoon te hou van ontstellende onderwerpe en eksplesiete taal.

Titels ingesluit in Seisoen 3:

Moord op stiletto’s
’n Giftige buffet
Tot die dood ons skei
Dikker as water
Dooie Valentyn
Die vyfsent-moordenaar
Bloed in die kaarte
Liewer dood
My broer se vrou se lyk
Een vir die boeke