search

Bitterbessie Blues Omnibus - 8 boeke in een

R350.00

Afrikaanse volwasse fiksie

470 bladsye sagteband

ISBN ***

Quantity

Sinopsis

Beroemde skrywer, Emily de Milander, verdwyn uit die openbare oog en boek haarself in by die Portwig Manor onder 'n vals naam. Sy't net nodig om vir 'n paar dae weg te kom van haar knaende agente, haar dreigende sperdatums en haar ryk ma se alewige kritiek. Maar Emily het nie rekening gehou met die hotel se spoke óf met die aantreklike joernalis, Knox Wesley, wat ook op die dorpie opdaag nie.

Wanneer daar 'n moord gepleeg word in Portwig se boekwinkel, kan Emily en Knox dit nie weerstaan om ondersoek in te stel nie – elkeen om sy eie redes. Maar kan hulle lank genoeg uit mekaar se hare bly om die moordenaar te vang? En kan hulle dit doen vóór almal op die dorp uitvind wie Emily regtig is?

Bitterbessie Blues het as 5 eboek-novelles verskyn tydens lockdown in 2020, en daarna het Anna Emm ’n opvolgreeks, Die Kaapse Kruiper, geskryf wat uit 3 novelles bestaan. Hierdie omnibus bevat al 8 novelles in een!