search

Die 72-uur Troue (Boek 2)

R95.00

Afrikaanse volwasse fiksie

200 bladsye sagteband

ISBN 9781928517160

Quantity

Sinopsis

Dis net 72 uur. Hoe erg kan dit nou wees?

Missy van der Westhuizen was nog altyd gewoond daaraan om te kry wat sy wil hê. Dis waarom sy daardie aand in 'n oomblik van dapperheid haar hart onbloot het en haarself op 'n skinkbord aangebied het vir die enigste man wat sy nog ooit wou gehad het. Die probleem is, hy het haar reject. En vier jaar later brand die sting van daardie vernedering nog steeds...

Nou moet Missy Kaap toe vir haar tweelingbroer se troue en hý gaan ook daar wees. As sy net deur hierdie drie dae kan kom met haar waardigheid nog in plek, hoef sy hom nooit weer te sien nie. Niemand, en veral nie hý nie, hoef te weet hoe sy régtig oor Lukas voel nie...

Lukas Toerien se lewe was nie maklik nie, en vier jaar gelede het hy alles behoorlik laat ontspoor. Vir vier jaar lank al hardloop hy weg vir die waarheid – die waarheid oor homself, oor sy verlede … en oor háár. Maar hy is moeg gehardloop, en toe Rhys hom na sy troue nooi, weet Lukas dis tyd om sy demons te face. Wat ookal gebeur, Missy moet die waarheid weet. Dan sal hy kan wegstap en vrede maak met die feit dat hy haar nie kan hê nie, dat die enigste meisie wat hy nog ooit wou gehad het, vir altyd vir hom verbode is.

NB: Die boeke in die 72-uur reeks kan as losstaande boeke gelees word.

1. Die 72-uur Missie

2. Die 72-uur Troue

3. Die 72-uur Vonnis

4. Die 72-uur Leuen

5. Die 71-uur Storm

6. Die 72-uur Guns

7. Die 72-uur Plan

ISBN 9781928517160