search

Die 72-uur Vonnis (Boek 3)

R95.00

Afrikaanse volwasse fiksie

200 bladsye sagteband

ISBN 9781928517177

Quantity

Sinopsis

Dis net 72 uur. Hoe erg kan dit nou wees?

Die lewe het vir Simon van der Westhuizen al 'n paar curve balls gegooi. Dit het hom geleer om aan te pas en om hard te werk, en om nooit beheer oor sy hart vir iemand anders te gee nie. Hy is tevrede met sy lewe en, anders as sy twee broers, is hy nie van plan om homself ooit aan 'n vroumens te verbind nie.

Maar dan gooi die lewe nóg 'n onverwagse curve ball, en Simon bevind homself een oggend in die hof op aanklag van roekelose bestuur. Nes die meeste ander dinge in sy lewe, was dit nie sy skuld nie … maar die regter meen dis 'n goeie idee om hom tot drie dae gemeenskapsdiens te vonnis...

Marjorie Winter gaan nie toelaat dat haar nuutste gemeenskapsdiens-volunteer vir haar ore aansit nie. Die maatskaplike werkster het haar immers gewaarsku teen hom. Gelukkig is Simon van der Westhuizen nie die eerste kansvatter waarmee sy te doen kry nie. Sy kén mans soos hy wat dink omdat hulle aantreklik is, reëls en regulasies nie op hulle van toepassing is nie. Maar vandat Simon by die shelter opdaag, krap hy haar kop én haar hormone deurmekaar. Sy is aangetrokke tot hom, al weet sy dis nie 'n goeie idee nie. Al weet sy hy het die woord 'disaster' op Post-Its oor sy hele lyf geplak!

NB: Die boeke in die 72-uur reeks kan as losstaande boeke gelees word.

1. Die 72-uur Missie

2. Die 72-uur Troue

3. Die 72-uur Vonnis

4. Die 72-uur Leuen

5. Die 71-uur Storm

6. Die 72-uur Guns

7. Die 72-uur Plan

ISBN 9781928517160