search

Die 72-uur Plan (Boek 7)

R95.00

Afrikaanse volwasse fiksie

200 bladsye sagteband

ISBN 9781928522546

Quantity

Sinopsis

Dis net 72 uur. Hoe erg kan dit nou wees?

Toe Cassandra Harmse se abusive ex weer voor haar deur opdaag, weet sy sy het 'n probleem. Nie net is hy bereid om alles in sy vermoë te doen om haar terug te wen nie, maar hy het ook haar familie se ondersteuning. Nie een van hulle weet wat hy aan haar gedoen het nie. Niemand weet van daardie dag in die coffee shop toe die aantreklike barista tot haar redding gekom het nie...

Noah Miles lek al maande lank sy wonde nadat die groot liefde van sy lewe aan 'n ander man verloof geraak het. Hy is geensins in die bui om by iemand anders se liefdeslewe betrokke te raak nie. Maar as daar nou één ding is wat hy verpes, is dit 'n boelie. Dít is die rede waarom hy daardie vent die dag by die coffee shop uitgegooi het. Dit het niks met Cassandra Harmse te doen gehad nie.

Maar nou bevind Noah en Cassandra hulle albei in situasies waaruit hulle desperaat is om te ontsnap. Om mekaar vir die volgende 72 uur uit te help en dan weer hulle verskillende rigtings te gaan, lyk na 'n goeie plan. Maar baie dinge kan verander in net drie dae...

NB: Die boeke in die 72-uur reeks kan as losstaande boeke gelees word.

1. Die 72-uur Missie

2. Die 72-uur Troue

3. Die 72-uur Vonnis

4. Die 72-uur Leuen

5. Die 71-uur Storm

6. Die 72-uur Guns

7. Die 72-uur Plan

ISBN 9781928522546