search

Die Greyson Omnibus (3 boeke in 1)

R220.00

Afrikaanse volwasse fiksie

420 bladsye sagteband

Quantity
Last items in stock

Sinopsis

"Wees gewaarsku, hierdie boeke is 'n rollercoaster ride. Jy gaan liefraak vir die Greysons - báie lief. En lank nadat jy hierdie boeke toegemaak het, gaan Neil, Paul en Charlie se stories nog by jou bly. Hulle gaan jou wêreld nie onveranderd laat nie...." - LESER

Drie-en-twintig jaar gelede het Max en Fiona drie seuntjies aangeneem en hulle grootgemaak as deel van die suksesvolle Greyson-empire. Nou is hierdie seuns onafhanklike, aantreklike, intelligente mans wat elk in eie reg 'n aanwins is vir die besigheid. Daar is net één probleem: nie een van hulle lyk asof hul enigsins belangstel in die string gewillige meisies wat enigiets sal doen om die volgende mevrou Greyson te word nie.

Wat is fout met die Greyson-mans dat hulle nie tot trou kan kom nie?

Hierdie omnibus sluit al drie boeke in die gewilde Greyson-reeks in. Tipies aan Anna Emm is daar veel meer aan hierdie drie pragtige liefdesverhale as net witwarm romanse, komedie, unieke karakters en goeie storielyne. Die Greysons se stories gaan jou hartsnare raak...